REGTE INDIESE BREYANI
- 1 kg vleis (bees, skaap of hoender), in stukke gesny
- 4 eetlepels amins masala
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 1 koppie natuurlike jogurt, ongegeur
- ¼ teelelpel safran (of borrie) in 125 ml water
- 1 teelepel sout
- ‘n groot tamatie, gerasper
- 3 heel groen rissies
- 3 van elk uit breyani pak ( dit is basies lourierblaar, steranys, heel komyn en kassia – dit lyk soos gebreekte kaneelstok, vinkelsaad en ‘n paar peperkorrels)
- 4 uie
- 3 aartappels
- 2 koppies rys
- 1 koppie lensies
- olie vir braai
- botter, in blokkies gesny
Sny die uie in ringe, braai in ‘n bietie olie tot goudbruin en skep uit.
Sny aartappels in kwarte, vryf borrie in die aartappels in en braai in ‘n bietjie olie.
Kook die rys halfgaar in soutwater en dreineer.
Kook die lensies in soutwater tot gaar, maar nog ferm en dreineer.
Braai vleis in ‘n bietjie olie vir 10 tot 15 min in die oondbak/pan met deksel.
Skep die aartappels bo-op die vleis.
Skep die rys oor die aartappels.
Skep die lensies oor die rys.
Skep die uie heel bo-op.
Sny botter blokkies en stip bo-oor gereg.
Plaas deksel op en bak in die oond teen 180°C vir 90 minute.