REEDSKLAAR BROODDEEG BROOD
Ek het hierdie lekker brood gemaak uit ‘n klaar voorbereide brooddeeg. Die hele brood was 45 cm lank.
- 1 pak reeds klaar brooddeeg
- 1 houer roomkaas, enige geur van jou keuse
- soet rissiesous (sweet chillisous)
- gerasperde kaas
- 1 eier, geklits
- bees geur Aromat, na smaak
- paprika / rissie poeier, opsioneel
- geklitste eier, om oor te verf
Rol deeg uit en smeer roomkaas bo-oor.
Smeer ‘n laag soet rissiesous oor die roomkaas.
Strooi gerasperde kaas oor en rol deeg op.
Sny repe in die deeg met ‘n mes en smeer met eier.
Strooi speserye oor na smaak.
Bak in oond op 180ºC tot gaar, ongeveer 40 – 60 minute.
Resep en foto: Babs van der Westhuizen