RAVIOLI BOLOGNAISE MET SALIE BRUINBOTTER
Resep en foto: Wynand Chantelle Van Huyssteen
- 60 ml olyfolie
- 2 uie, fyngekap
- 4 knoffelhuisies
- 250 g spek, fyngekap
- 500 g maalvleis
- 200 g tamatiepasta
- 500 ml rooiwyn
- 1 (400 g) blik tamaties
- 1 hand vol origanum, gekap
- sout en peper
- 250 ml room
- 100 g broodmeel vir uitrol van pasta
- 60 ml botter
- hand vol vars salie
- 100 g parmesaan vir oor strooi na die tyd
- Verhit olyfolie in medium groot pot. Voeg uie en knoffel by. Roerbraai vir 3 – 5 minute.
- Voeg spek by en braai 5 minute. Voeg vleis by en roerbraai 5 – 8 minute of tot verbruin.
- Voeg tamatiepasta, rooiwyn en tamaties by. Roer origanum by en verlaag hitte.
- Laat prut vir 45 minute en roer elke 10 minute. Geur met sout en peper. Roer room by en prut nog 10 minute.
- Verwyder van hitte en laat afkoel.
- Vir die pasta – basiese pastadeeg:
- 670 ml broodmeel
- 4 eiers
- 10 ml sout
- Meng meel, eiers en sout saam. Knie vir 8 tot 12 min of tot elasties op ‘n meelbestrooide oppervlak.
- Draai toe in kleefplastiek en laat 30 min rus voor jy dit met ‘n pastamasjien uitrol.
- Verdeel deeg in 4 balle. Gebruik ’n pastamasjien en rol deeg uit met meel tot nommer 2 of met ’n koekroller tot ‘n dikte van 1 mm.
- Plaas velle pasta op skoon werkoppervlak met meel bestrooi. Skep eetlepels vol maalvleis 2 cm uitmekaar op twee van die pastavelle. Verf met koue water rondom maalvleis. Plaas tweede vel pasta bo-op en seël die pasta om die maalvleisbolletjies.
- Gebruik ’n skerp mes en sny pastaporsies in netjiese sirkels, of gebruik ‘n koekiedrukker (10 cm) met ‘n kartelrand sodat dit lyk soos op die foto.
- Bring water tot kookpunt en plaas pasta in kookwater. Kook vir 3 – 5 minute of tot pasta gaar is. Dreineer.
- Plaas botter in ’n skoon pan en smelt terwyl die pasta kook. Laat botter prut tot dit begin verbruin, voeg salie by en verwyder van hitte.
- Plaas ravioli in opdienbak en skep warm saliebotter oor. Sit voor met parmesaan-skaafsels. Ravioli is gaar sodra dit op die oppervlak in die pot dryf.
Category:












