Your Recipe Blog

RAUCHFLEISCH (GEROOKTE VLEIS)

Prep: 24 Uur |

RAUCHFLEISCH (GEROOKTE VLEIS)

  • rugbiltong of fillet van jou keuse (gemsbok, koedoe of bees)
  • growwe peper
  • Pekel:
  • 2 liter water
  • 500 g growwe sout
  • 200 g witsuiker
  • 50 g salpeter
  • 5 ml koeksoda

Begin om die pekel te maak, kook al die bestanddele van die pekel saam en laat afkoel, hoe kouer hoe beter.

Spuit (met ‘n inspuiting en naald) die vleis van jou keuse vol van die pekelmengsel en laat lê dit in die res van die mengsel vir 24 uur.

Haal uit en koud rook na smaak.
Rol in growwe peper.
Hang in ‘n biltong droër, maar moenie te veel uitdroog nie.

Nota:
Ek hou daarvan dat my rookvleis so effe klam soos bees biltong moet wees. Heerlik as ‘n versnapering dun gekerf/gesny op roosterbrood of focaccia – ‘n Klein bietjie roomkaas en soet rissie op die rookvleis maak dit konings kos.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page