RANDREKKER LASAGNE MET BOELIEBIEF
- 1 blikkie boeliebeef, in blokkies gesny
- 2 groot uie, gekerf
- 1 blikke suikermielies
- 1 groot tamatie, geskil en opgesny
- mayonnaise, na smaak
- blatjang na smaak
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- kaassmeer (in my geval homemade)
- sout en pepper na smaak
- lasagne velle
Braai uie en tamatie saam en voeg die boeliebeef en soetmielies by.
Geur met mayonnaise, blatjang en ander geurmiddels na smaak.
Maak die soppoeier aan met water en voeg by die mengsel, kook deur dat die soppoeier gaar word.
Maak seker jou mengsel is lekker souserig en nie te droog nie.
Pak lae met lasagne velle en boeliebeefmengsel.
Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute by 180 ºC.
Dis goedkoop en baie baie lekker.
Resep en foto: Riana Barnard Sadler