RANDREKKER LASAGNE MET BOELIEBIEF
Resep en foto: Riana Barnard Sadler
- 1 blikkie boeliebief, in blokkies gesny
- 2 groot uie, gekerf
- 1 blikke suikermielies
- 1 groot tamatie, geskil en opgesny
- mayonnaise, na smaak
- blatjang na smaak
- 1 pakkie sampioen soppoeier
- kaassmeer (in my geval homemade)
- sout en pepper na smaak
- lasagne velle
- Braai uie en tamatie saam en voeg die boeliebtef en soetmielies by.
- Geur met mayonnaise, blatjang en ander geurmiddels na smaak.
- Maak die soppoeier aan met water en voeg by die mengsel, kook deur dat die soppoeier gaar word.
- Maak seker jou mengsel is lekker souserig en nie te droog nie.
- Pak lae met lasagne velle en boeliebeefmengsel.
- Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute by 180 ºC.
- Dis goedkoop en baie baie lekker.
Category:

