RAILWAY STEW – SPOORWEGBREDIE
“Japie se keto- en diabeetvriendelike dis. Ek plaas hier ‘n resep wat my ma oorspronklik vir ons gemaak het as kinders; as ‘n vinnige middagete of soms net as ‘n lekker vinnige aandete op ‘n besige aand. Hierdie worsgereg bring vandag baie herrinneringe terug na Ouma Cora en my ma. Ons is nog steeds baie lief om dit te eet. Ek het my ma se resep aangepas, wat aartappel en macaroni ingehad het – wat gewoonlik nie goed is vir diabete nie. Ek het blomkool en swede ingesit in plaas van die aartappel en macaroni. Dit was baie lekker. Fantasties!”
- 25 ml olyfolie/canola-olie
- 500 g boerewors, opgesny in 2 cm stukkies
- 1 groot ui
- 1 sweed, in aartappelgrootte stukkies gesny
- ½ blomkool, rofweg opgesny in stukkies
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 1 teelepel blatjang
- sout en peper, na smaak
- gerasperde kaas, vir opdien, bo-oor gestrooi
- ½ teelepel xanthum gum, as verdikker
Vlakbraai ui in olyfolie tot deurskynend en voeg dan boerewors by. Sodra wors verbruin het, voeg kerrie, borrie en blatjang by. Voeg sweed en water by, net sodat dit bedek is. Laat prut todat sweed amper sag is. Sit blomkool by en laat kook tot amper sag.
Strooi xanthum gum oor en roer deur. Bedien met gerasperde kaas en dalk teelepel slaairoom (mayonnaise).
Foto 2: Sweed word ook genoem rutabaga en is oorspronklik van Swede. Foto met vergunning van https://en.wikipedia.org/wiki/Rutabag
Nota: Sweed is basies ‘n vorm van ‘n raap (turnip). Vervangings kan wees raap, radyse, beetsoorte.
Nota: Ilze Jacobs –
Ek is ‘n onderwyseres, en ons het vanaand ‘n drie-uur lange prysyuitdeling gehad (het eers na 22h00 by die huis gekom). En toe wag dié lieflike ete vir my…hartskos (comfort food) op sy lekkerste.
Resep en foto: Japie Jacobs