Your Recipe Blog

RAFELHOENDER- EN PASTASOP

RAFELHOENDER- EN PASTASOP

  • 1 eetlepel botter
  • ½ pakkie sampioene, gesny
  • 2 wortels, ringe gesny
  • 4 klein aartappels, in ringe gesny
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 selderystokkies, gekap
  • 1 prei, gekap
  • 3 tamaties, blokkies gesny
  • 1 liter hoender aftreksel
  • roosmaryn, sout en pepper na smaak
  • 2 hoenderborsies, gaar en geflok

Verhit botter in ‘n groot pot. Plaas uie, seldery en preie in die pot en braai stadig tot goudbruin.
Voeg tamaties, wortels, aartappels en sampioene by en braai vir 10 minute.
Voeg hoender en hoenderaftreksel saam en voeg pasta by. Voeg by die groentemengsel.
Bring tot kookpunt en kook vir 15 minute.
Voeg speserye tydens kook by na smaak.
Bedien met brood op die kant.

Resep geplaas deur Martin van Vuuren
Foto: Martin van Vuuren

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5