Your Recipe Blog

RABARBERPOEDING

Cook: ± 60 minute

RABARBERPOEDING

Dankie Vrou kan ek nog ‘n skeppie kry? Een wenk is dat die deeg nie te slap aangemaak word nie. Mens hou jou resultaat dop en pas jou resep aan. Effens suur poeding maar ek geniet dit en kan nie genoeg kry nie.

  • 1½ koppies koekmeel, gesif
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 3 koppies suiker
  • 3 eiers
  • 750 ml melk
  • 100 g sagte botter
  • 7 rabarberstingels, gesny soos groenboontjies

Klits die eiers, suiker  en melk saam, voeg die botter by en meng deur.
Meng die koekmeel, bakpoeier en sout hierby en giet die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak die poeding teen 180 ºC vir ongeveer 60 minute tot gaar.
Indien nodig, kan die poeding ‘n rukkier langer gebak word.

Resep en foto: Hermanus S De Clercq

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page