Your Recipe Blog

RAAD VIR KONFYTTERTJIES

RAAD VIR KONFYTTERTJIES

Om te verhoed dat die konfyt uit die tertjies kook.

Ade Le Vries
Plaas bietjie gevriesde konfyt in die tertjie of spuit die konfyt na gebak in met ‘n spuitnaald.

Alda Cilliers
Wanneer ek konfyttertjies met outydse skilferdeeg (tuisgemaak, nie die wat jy in die supermark koop nie) maak, druk ek die deegsirkels uit, smeer die randjie van die een helfte met water en druk dit toe in ‘n halfmaantjie. Dan bak ek dit SONDER konfyt. Die dingetjie pof mos so mooi op, en wanneer dit uit die oond kom, spuit ek appelkooskonfyt daarin met een van daardie spuitbotteltjies met die punt aan, wat mens gewoonlik sou gebruik vir tamatiesous.

Brosdeegtertjies is ‘n ander storie, ek gebruik appelkooskonfyt wat ek self gekook het. Het hierdie wenk by ‘n bejaarde dame gekry. Wanneer jy konfyt kook, kook so een pot heelwat langer as die ander, sodat jy ‘n lekker stywe konfyt het. Wanneer jy die tertjie maak, rol jy die stywe konfyt ook in bietjie meel en sit dit dan in die tertjie, voordat jy dit toeplak en bak.
Of meng die konfyt met bietjie opgkookte pampoen.

Rika Jacobs Stiglingh
Jy moet die konfyt eers in meel rol voor jy dit in die deeg toemaak.

Petro van der Westhuizen
Probeer, 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand van die deeg.

Elsa du Plessis
Ek lees nou in my ouma se handgeskryfde boek van 1970 ‘n wenk oor “jam tertjies”. Om te verhoed dat “jam” uitkook moet die “jam” eers verhit word tot amper kookpunt voordat dit op die deeg geskep word. Ek moet dit probeer, my “jam” kook altyd uit.

Ria Badenhorst
Kook ‘n blik konfyt met 1 pak dadels en laat koud word.

Petré Van Jaarsveld
Maak die konfyttertjies klaar. Vries die tertjies en bak teen 200 – 210°C. Die deeg moet gaar wees voordat die konfyt begin kook. Druk ‘n gaatjie of 2 in die bokant van die tertjie, sodat die stoom daardeur kan ontsnap.

Hettie Snyman
Maak tertjies klaar en vries dan vir ‘n paar minute. Verhit intussen ‘n bakplaat tot warm in die oond en plaas die koue tertjies op die warm bakplaat, plaas die tertjies so gou moontlik in oond om te bak.

Foto: Marie Lodewyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page