Your Recipe Blog

RAAD VIR DIE KOOK VAN APPELKOOSKONFYT

RAAD VIR DIE KOOK VAN APPELKOOSKONFYT

Tosca De Villiers:
Wenke en raad oor appelkooskonfyt sal opreg waardeer word. ASSEBLIEF.

Andrea van den Bos:
The way I do it is, clean them, weigh them and add even amount of sugar. Cook till soft ball stage.
Christa Botha:
Gelyke hoeveelhede vrugte en suiker. Breek vrugte oop en ontpit. Laag vrugte en laag suiker in kastrol. Ek los myne oornag dat al die suiker oplos. Hoe minder kg jy op ‘n slag kook, hoe mooier en ligter is jou konfyt. Kook eers op lae hitte en roer gereeld. As dit baie skuim, draai plaat laer. As die konfyt amper reg is, skep die skuimlaag af. Die konfyt sal glansend wees en heerlik ruik. Toets op ‘n piering. Gooi ‘n bietjie konfyt op en laat koud word. Trek jou vinger deur en kyk of dit mooi stywerig is. Nie loperig nie. Bottel in warm gesteriliseerde flesse.

Anna Venter:
Maklikste ooit. Ewe gewig suiker en vrugte. Ontpit en sny merkies uit. Gooi suiker oor en laat oornag staan. Die suiker sal begin smelt. Roer volgende oggend oor hitte tot al die suiker gesmelt is. Moenie laat kook voor die suiker gesmelt is nie. Gooi ‘n vet klont margarien in die pot en smeer die borand van jou pot ook, so 3 cm breed… dit voorkom dat die konfyt oorkook. Kook nou vinnig en roer net af en toe om te keer dat dit aanbrand. Na 20 min van vinnig kook kan jy begin toets. Skep teelepel konfyt op yskoue piering (sit vooraf in die vrieskas), laat 1 min afkoel in vrieskas. Stoot nou jou vinger deur dit, as riffels voor jou vinger vorm en die paadjie oop bly is dit reg. Haal af van die hitte, bottel warm in gesteriliseerde seëlbare bottels.
Elna Pinto:
Anna Venter, net so. Ek gooi altyd so 4/5 pitte ook by. Skep net uit voor ek bottel.

Rina Kleinhans:
Moenie te lank kook nie dan word die konfyt donker… stadig kook tot suiker opgelos is… draai hitte op en kook vinnig tot reg toets… moenie meer as 2 kg op ‘n slag kook nie.
Elize de Kock:
Gooi paar pitte by jou konfyt en dan 1 per bottel wanneer jy dit bottel.
Sarie Maartens:
Nog raad. As jy dit nie nou kan kook nie – was goed af, sny oop en verwyder die pitte. Laat afdroog en vries in plastiek sakkies totdat jy tyd het. Vir later haal uit vrieskas laat natuurlik ontvries en voeg dan die suiker by en doen soos al die raat hierbo. Ek voeg bietjie suurlemoensap by sodat dit nie sandsuiker nie en ook klein bietjie gemmer. Geniet dit.
Rina Kleinhans:
Sarie Maartens nog lekker raad is om sommer die suiker saam met die appelkose te vries, terwyl die appelkose ontvries smelt die suiker en die konfyt kook nog vinniger klaar. 🙂

Christa Botha:
Ryp vrugte kook ook ‘n mooier en ligter konfyt.
Helen De Villiers:
Tosca De Villiers, my Ma het my geleer om appelkooskonfyt met ‘n bietjie minder suiker te kook (1 kg vrugte en 900 g suiker) Dan het jy so ‘n effe suur geurigheid as jy die konfyt eet, dit bring regtig die geur uit! My gesin hou daarvan, ek kook dit nooit anders nie! As appelkose regtig nog nie ryp is nie, sal ek dit ‘n kilo op ‘n kilo kook😊 Ook ontpit ek vrugte, weeg af en spoel af! Hou ‘n paar pitte om saam te kook met konfyt! Ek sit dan 2 kg appelkose in groot glasbak met ‘n bietjie suurlemoensap vir 7 minute op 100% in mikrogolf oond! Weeg dan suiker en gooi in ‘n dikboom kastrol – gooi warm appelkose bo-op suiker en roer, laat staan bietjie dat suiker die sap uit vrugte trek, sit partykeer op ‘n stoofplaat op 1 of 2 stadige hitte roer dikwels😊 As suiker opgelos het, kook vinnig tot reg! Voordat jy begin kook SMEER KASTROL MET BOTTER NET BOLANGS OM DIE RAND – Dan kook konfyt nie oor nie! As konfyt begin skuim, gooi ‘n klontjie botter by, dit laat skuim verdwyn! Jy kan natuurlik ook die konfyt in mikrogolf kook, maar dan net ‘n kilogram op ‘n slag – dit is dan sommer vinnig klaar. ☺️

Foto:  Stien Rust

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page