Your Recipe Blog

RAAD EN WENKE VIR AFLOOP VERSIERSEL

RAAD EN WENKE VIR AFLOOP VERSIERSEL

Adele Earle Cronje:
Hoe maak ek die versiersel wat lyk of dit geloop het asb?

Andrie Grimsell:
Ek het hierdie presiese koek gemaak. Ek vat net gewone botterroom versiersel en smelt dit in die mikrogolf. Tot net loperig. Voeg dan bietjie, bietjies warm water by tot ek die regte dikte het. Die kleure raak net heelwat donkerder met hierdie tegniek.

Frikkie Jones:
Dis gewoonlik sjokolade wat met gel kleursel gekleur is. Gebruik “Compound White Chocolate” smelt oor kookwater, kleur en laat afkoel tot dit dik word. Sorg dat die koek yskoud is en drup die mengsel op die kante van die koek.  Dis maar trial and error tot jy dit regkry.

Nadia van der Merwe:
Gesmelte gekleurde sjokolade werk ook. Maak seker koek is lekker koud voor die drup oor gesit word, want dan stol hy soos hy afloop en maak nie ‘n dam onder nie. Ek gebruik ‘n lepel of sit dit in ‘n spuit bottel. As daar sjokolade oor is plaas ek dit op waspapier en laat stol, breek in stukke en bêre vir ‘n volgende keer.

  • Royal Icing werk ook:
  • 2 eierwitte
  • skeut suurlemoensap
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 500 g versiersuiker

Klits eierwit, sap en geursel tot skuimerig. Voeg versieruiker by en klits goed. As dit te styf is voeg water of nog suurlemoesap by maar baie min op ‘n slag (druppels) omdat baie min nodig is om die consistency te verander. Ekstra royal icing kan vir tot 2 maande gevries word. Haal net uit en laat by kamertemprateur ontdooi en roer deur. Kan weer slapper gemaak word met water of stywer met nog versieruiker.

Lizelle Jansen van Vuuren:
Het so rukkie terug gesien op tik tok, gesmelte klapperolie met versiersuiker en poeier kleursel gemeng. Die mengsel in ‘n zip lock sakkie gepipe.

Jessica Engela:
Gebruik ‘n bietjie versiersuiker en plaas in ‘n bakkie. Voeg bietjie water by, maar nie te veel en dan kleursel. Dit moet looperig wees maar ook nie te veel sodat alless van die koek afloop nie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page