Your Recipe Blog

QUICHE MET KAASBESKUITJIE KORS

QUICHE MET KAASBESKUITJIE KORS

Vir die basis het ek twee kaasbeskuitjie/cheese straw resepte gemeng.
Hoeveelhede is aangepas om twee groot terte te maak.

  • Kors:
  • 3 koppies gerasperede Cheddar kaas
  • 1½ groot pakke kaas en uie skyfies
  • 1.5 koppies ongesifte koekmeel
  • 150 g botter
  • 1.5 teelepel mosterdpoeier, opsioneel, kan ingooi na smaak
  • 1.5 teelepel cayenne pepper, opsioneel, kan ingooi na smaak

Meng bogenoemde saam in voedelsverwerker.
Verdeel deeg in twee oondvaste bakke wat gespuit is met nie kleefwerende middel.
Versprei deeg mooi in bakke om kors te vorm
Voorverhit oond tot 200°C.
Bak korse vir so 10 min.
Haal uit oond en smeer bietjie eier op die kors en sit terug in oond vir kort rukkie, ek het dit gedoen net om seker te maak die eiermengsel wat later oor vulsel gegooi word, nie die kors pap maak nie.

  • Vulsel:
  • 2 opgesnyde uie
  • 2 pakkies spekblokkies (bacon bits)
  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • 1 groot pak baba spinasie

Braai uie in bietjie olie.
Sodra uie bruinerig begin braai, voeg spekblokkies by en braai tot amper gaar.
Voeg sampioene daarby en die pak baba spinasie. Braai tot droog en alles gaar.
Verdeel die vulsel tussen die twee quiche terte.
Maak nou ‘n eier mengsel aan om bo-oor te gooi.

  • Eiermengsel:
  • 7 eiers
  • 375 ml room
  • 1 koppie kaas

Klits alles saam en gooi dit oor die vulsel wat in quiche korse is.
Bak teen 180°C tot eiermengsel gestol het.
Bedien saam slaai.

Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page