Your Recipe Blog

QUESADILLA PANGEREG MET PITTIGE MAALVLEIS EN MIELIES

Cook: 20 - 30 minute

QUESADILLA PANGEREG MET PITTIGE MAALVLEIS EN MIELIES

  • 750 g maer beesmaalvleis
  • 4 eetlepels Taco speserye (of na smaak)
  • 1 blikkie mieliepitte
  • 2 groot knoffeltoontjies, fyn gerasper
  • 2 uie, grof gekap
  • 1 groot groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 8 tortillas
  • 1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
  • 2 koppies gerasperde Cheddar kaas
  • gerookte paprika

Berei twee oondpanne van dieselfde groote as volg:
Spuit een pan aan die binnekant met kleefvrye kossproei.
Spuit die 2de pan se bodem en kante aan die buitekant.
Ek het die pan wat bo-op die gereg kom (die 2de pan) met foelie oorgetrek en dit gespuit. Die rede vir die boonste pan is sodat die gereg eweredig gelyk is en ook bo-op bruin bak met die hitte van die pan.

Skakel die oond aand en stel op 230°C.
Braai die uie en soetrissie in min olie op die stoof in ‘n pan tot sag. Skep uit en hou eenkant.
Braai die maalvleis tot mooi bruin in dieselfde pan. Indien daar enige vloeistof in die pan is, giet dit uit die pan.
Voeg die mieliepitte, knoffel en die taco speserye by die maalvleis en braai nog 5 minute.
Geen ekstra sout is nodig nie, want die taco speserye het reeds sout by.
Pak die 8 tortillas uit soos in die foto ge-illistreer, in die oondpan wat aan die binnekant gespuit is.
Skep die vleismengsel oor die hele bodem van die pan bo-op die tortillas.
Sprinkel die uie en soetrissie bo-oor die maalvleis.
Strooi 1 koppie van die Cheddar kaas bo-op die uiemengsel.
Vou die tortillas bo-oor die vulsel en plaas die pan wat aan die onderkant gespuit is (of met die foelie oorgetrek en gespuit is) bo-op die toegevoude tortillas en druk dit liggies af.
Plaas die gereg net so met albei panne, in die voorverhitte oond vir 20 – 25 minute.
Verwyder uit die oond en verwyder die boonste pan vanaf die gereg.
Strooi die res van die Cheddar- en Mozzarella kaas oor die hele bokant van die gereg.
Plaas die gereg, terug in die warm oond tot die kaas gesmelt het (jy kan dit ook onder die rooster element plaas vir ‘n paar minute).
Strooi gerookte paprika bo-oor en bedien met suurroom, tamatie salsa, Jalapēno en koljander (cilantro) salsa of enige salsa na smaak.
Sny met ‘n skerp gladdelem mes in blokkies en bedien onmiddelik.

Nota:
Ek het “Cape Herb and Spice” se eksotiese reeks taco speserye gebruik.

Resep getoets en fotos: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page