QUAVADILLASTROOP
Resep en foto: Petra Venter
Ek het nog quavadillas gehad en dus vandag hierdie koeldrankstroop gekook.
Dis maklik en lekker.
Jy kan quavadillas of granadillas gebruik. Jy kan hierdie resep maklik verklein of vergroot.
Dis heerlik verfrissend as koeldrank, met koue water of sodawater gemeng.
- 16 koppies suiker
- 4 koppies quavadillapulp (die pitte)
- 3 liter kookwater
- Meng bogenoemde saam in pot.
- Verhit tot die suiker gesmelt is. Bring dan tot kookpunt. Moenie laat kook voor die suiker nie gesmelt is nie.
- Dreineer die mengsel deur ‘n sif en hou die vloeistof.
- Meng die volgende by die vloeistof:
- 4 effens opgehoopte teelepels Engelse sout
- 4 effens opgehoopte teelepels wynsteensuur
- Roer dit goed deur, laat afkoel en bottel.
- Hou die stroop in die yskas. Ek vries dit tot dit benodig word, as dit in plastiekbottels is.
- Skink ‘n sopie in ‘n glas, maak vol met water of sodawater of waarvan julle hou en geniet.












