PYPKANEEL VETKOEKIES
- Pypkaneeldeeg:
- 4 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 5 eetlepels wit suiker
- 1 teelepel pypkaneel
- knippie sout
- ongeveer 2 koppies water
- olie vir braai
- Pypkaneel suiker:
- 1 koppie wit suiker
- ongeveer 4 eetlepels pypkaneel
Meng die suiker en pypkaneel saam en plaas eenkant in ‘n bakkie.
Meng al die deeg bestanddele buiten die olie saam in ‘n mengbak.
Die deeg moet slap genoeg wees om met ‘n lepel geskep te kan word.
Verhit die olie in ‘n pot op die stoof. Toets deur ‘n klein bietjie deeg in die warm olie te skep, as dit dadelik opkom boontoe, is die hitte reg, pasop vir te warm.
Skep lepelsvol van die deeg in die warm olie en diep braai tot goud bruin.
Skep die warm vetkoekies in die pypkaneelsuiker en bedek met die suiker.
Sodra die vetkoekkies vol pypkaneelsuiker is, haal die vetkoekies uit en bedien as ‘n nagereg saam met roomys of soos verkies.
Resep en foto: Monica Nel