PYNAPPELVULSEL VIR KOEKE EN FLANS
- ½ koppie wit suiker
- 4 eetlepels koekmeel
- knippie sout
- 1 eier
- 1 blikke fyn pynappel (of stukke), sap afgegooi maar behou
- ¾ koppie pynappelsap van die blikkie
- 1 eetlepel botter/margarien
Kook al die bestanddele behalwe die botter/margarien in ‘n dubbelkoker (of vuurvaste glasbak op kastrol met kookwater) tot dik, roer gedurig.
Roer botter by en laat afkoel om te gebruik as vulsel.
Nota:
Jy kan ‘n gebakte flan vul met hierdie heerlike vulsel en dan geklopte room bo-op sit, of jy kan die vulsel gebruik tussen koek-lae en bo-op as versiersel saam met room.
Resep: Charlotte Verwey Da Silva
Foto’s: Rina Kleinhans















