Your Recipe Blog

PYNAPPELTERT

PYNAPPELTERT

Gebruik ‘n tertbak van ongeveer 26 x 26 cm of die langwerpige bak met dieselfde inhoudsmaat.

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 pakkie pynappeljellie
  • 200 ml kookwater
  • 200 ml pynappelsap van die stukke
  • 1 blikkie Ideal melk, goed verkoel
  • 1 klein blikkie pynappelstukke

Pak die tennisbeskuitjies op die bodem en kante van in ‘n glasbak of pan.
Maak pynappeljellie aan met die kookwater en die pynappelsap van die pynappelstukke.
Sit in yskas maar moet dit nie laat stol nie.
Klits die Ideal melk goed styf, voeg die afgekoelde jellie by en meng deur.
Roer die pynappelstukke in by die jelliemengsel en giet bo-oor Tennisbeskuitjies.
Versier met gekrummelde Tennisbeskuitjies.
Plaas in yskas tot tert gestol is.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page