PYNAPPELTERT MET KONDENSMELK
- 1 groot pakkie pynappel jellie
- 1 koppie kookwater
- ½ koppie “crushed” pynappel (moet geblikte pynappel wees)
- 2 koppies room
- 1 blik kondensmelk
Meng die jellie met die kookwater tot opgelos.
Meng nou alles saam in ‘n menger.
Skep in gesmeerde glas tertbord.
Plaas in yskas vir 2 ure.
Nota:
Enige geur vrugte kan gebruik word, maar die jellie moet dieselfde geur wees as die vrugte.
Resep en foto: Drienie Hattingh
Category: