Your Recipe Blog

PYNAPPELBIER

Avatar photo
Recipe by
ongeveer 4 - 5 dae
| Servings: 2 liter

PYNAPPELBIER

Heerlik vir heeeerlik…♫

  • 2 heel pynappels
  • 250 ml (1 koppie) suiker
  • 1 liter (4 koppies) kookwater
  • 2 ml Anchor-kitsgis

Sny groen blaargedeelte van pynappel af.
Was pynappels se buitekant met growwe borsel tot skoon.
Kap pynappel in growwe stukke. Plaas in groot houer of kastrol.
Giet suiker oor pynappels.
Voeg kookwater by en roer deur.
Plaas op warm plek vir 24 uur.
Roer Anchor-kitsgis by en laat staan vir nog 12 uur.
Skep pynappelstukke uit.
Gooi pynappelmengsel deur fyn sif of fyn doek.
Proe of nog suiker nodig is en roer nog by indien verkies.
Giet in bottels, maar moenie tot bo volmaak nie.
Laat drie dae lank staan om te gis.

Plaas dan in yskas en sit yskoud voor.

Resep geplaas deur Pieter Britz
Foto: Pieter Britz

BAIE BELANGRIKE Nota:
Veral vir wanneer dit  vir die 3 dae staan om te gis:
Moenie die bottels te vol maak nie.
Sorg asb dat die proppe nie heeltemal dig is nie of as dit binne ‘n kas staan, los die proppe heeltemal af. Of draai eenkeer ‘n dag die prop effe los sodat die lug wat opbou kan onsnap, anders kan die bottels ontplof.

2 Reviews

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page