Your Recipe Blog

PYNAPPELBIER MET BROUERSGIS

Recipe by
| Servings: ± 7 liter

PYNAPPELBIER MET BROUERSGIS

  • 2 klein pynappels of 1½ groot pynappels, opgesny in blokke (met skil en al)
  • 4 koppies (1000 ml) suiker
  • 6 liter lou warm water
  • 100 g rosyne
  • 10 ml brouersgis (nie kitsgis nie)

Voeg pynappelstukke in 10 liter emmer.
Los die suiker in die lou water op en voeg by die pynappelstukke.
Voeg die rosyne by.
Sprinkel die gis oor en laat vir 30 min staan.
Roer liggies deur.
Laat staan 24 uur.
(Moet NIE die deksel van die emmer toedruk nie, laat dit net op die emmertjie lê, om toe te maak)
Suig deur ‘n moeselien doek en giet in bottels. Sit proppe eers na 24 uur op die bottels.
Bedien yskoud.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page