PYNAPPEL YSKASTERT
- 1 blik ideal melk oornag in yskas
- 1 blik “crushed” pynappels
- ½ koppie suiker
- 1 pakkie suurlemoenjellie
- Tennis koekies (1 pakkie per laag)
Maak jellie aan en laat afkoel. Klits ideal melk styf en voeg suiker dan geleidelik by. Voeg jellie by en klits.
Dreineer vrugte en voeg by. Pak koekies in bak en smeer vulsel bo-op. Kan in lae ook gedoen word.
Hierdie kan jy verander in ‘n granadilla tert. Vervang pynappel met 2 blikkies granadilla mouse.
Resep geplaas deur Nicolene Mynhardt Steyn
Foto: Nicolene Mynhardt Steyn