PYNAPPEL YSKASTERT MET ROOM
- 1 blikkie fyn pynappel, gedreineer
- 250 ml room
- ½ blik kondensmelk
- ½ koppie suurlemoensap
- 1 koppie gesmelte botter
- 2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyngedruk
- 1½ koppie kookwater
- 1 pakkie pynappeljellie
Meng die beskuitjies en die botter en druk dit vas in ‘n ovaal tertbak en plaas eenkant.
Klits room tot styf.
Meng die halwe blikkie kondensmelk (of vir ‘n soeter weergawe ‘n vol blikkie) met die suurelemoensap en meng dit goed deur.
Los die jellie in die kookwater op en laat dit heeltemal afkoel, maar nie stol nie.
Meng die jellie met die room en roer dié roommengsel by die kondensmelkmengsel in.
Voeg dan fyngekapte pynappel by en roer liggies deur. Skep die pynappelmengsel bo-op die beskuitjiekors, strooi bietjie fyn krummels bo-oor en plaas die tert vir 1 tot 2 ure in die yskas om te stol.
Nota:
Beskuitjies kan ook heel gebruik word vir die kors en kry steeds die gesmelte botter oor.
Resep en foto: Marilyn Botman