PYNAPPEL YSKASTERT MET GELATIEN
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 1 blik kondensmelk
- 250 ml room, geklop
- 1 blikkie fyngemaakte pynappel, gedreineer
- 20 ml gelatien
- 45 ml water
- versiersuiker om oor te sif
Bedek die basis van ‘n vierkantige bak met ‘n laag Tennisbeskuitjies.
Meng kondensmelk, geklopte room en pynappel saam.
Sprinkel die gelatien oor die water en laat dit uitswel.
Sit vir 15 tot 30 sekondes in die mikrogolfoond tot gesmelt, maar moenie laat kook nie.
Voeg ‘n bietjie van die pynappelmengsel by die gelatien en roer in by die res van die mengsel.
Skep die helfte van die mengsel op die beskuitjies en bedek met nog ‘n laag van die beskuitjies.
Skep laastens die res van die pynappelmengsel oor.
Verkoel drie tot vier uur in die yskas tot gestol.
Sif versiersuiker oor en sny in blokkies om voor te sit.
Foto: Petro van Genderen