PYNAPPEL WORTELKOEK MET MAASKAASVERSIERSEL
- 3 koppies, fyn gerasperde wortels
- 1 koppie suiker
- 4 ekstra groot eiers
- 1 ½ koppie sonneblom olie
- 2 teelepels kaneel
- 1 teelepel gemmer
- ¼ teelepel sout
- 10 ml koeksoda
- 2 koppies koekmeel
- 1 koppie gekapte pekanneute
- ½ blik gedreineerde fyn pynappel
Meng al die bestanddele behalwe die koekmeel, koeksoda en neute.
Verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Strooi die koeksoda oor en meng goed.
Meng die koekmeel by en heel laaste die neute. Meng goed deur.
Skep in voorbereide panne, een groot pan of 3 foelie tert panne.
Bak by 180°C vir ‘n ¾ uur of tot gaar.
Laat afkoel en plaas die volgende versiersel op.
- MAASKAASVERSIERSEL
- ½ koppie suiker
- 90 ml koekmeel
- 250 ml melk
- knippie sout
- 5 ml vanilla geursel
- 1 houertjie gladde maaskaas
Meng suiker en koekmeel goed om klonte te voorkom. Plaas in ‘n pot op die stoof.
Voeg melk, vanilla en sout by en meng goed totdat dit glad is.
Verhit stadig terwyl heeltyd geroer word.
Dit is reg en gaar as dit ‘n stywe taai bal vorm.
Laat yskoud word.
Klits nou met elektriese klitser die maaskaas by tot glad en romerig.
Smeer op terte en strooi gekapte neute bo oor.
As jy hou van ‘n suurder smaak voeg ‘n bietjie suurlemoen sap by.
Ek het al maaskaas uitgelaat en “lemon curd en suurlemoen skil ingesit en dit was heerlik tussen lae van vanilla koek.
Geniet!
Nota:
Ek maak dit in my muffin pannetjie en vries dit. Dit kan tot 2 weke in yskas hou.
Resep en foto: Delene Breytenbach