PYNAPPEL VRUGTEKOEK
Ek het 50 ml lemoensap oor gesprinkel toe die koek uit die oond kom, net vir die wis en onwis, vandag gesny en hy is heerlik klam. Bewaar hierdie koek liefs in die yskas.
- 125 ml sagte bak margarien
- 250 ml suiker
- 1 blik (410 g) fyn pynappel
- 5 ml gemengde speserye
- 500 g vrugtekoekmengsel
- 5 ml koeksoda
- 2 eiers, geklits
- 500 ml bruismeel
- 2 ml sout
Voeg sagte botter, suiker, pynappel, gemengde speserye en vrugtekoekmengsel in gesmeerde, groot kastrol.
Verhit, roer tot suiker opgelos is en kook stadig vir drie minute.
Haal van die stoof af.
Roer die koeksoda by.
Sif bruismeel en sout saam en roer saam met die geklitste eiers in by die beslag in die kastrol.
Skep in gesmeerde groot koekpan wat met bakpapier uitgevoer is, of twee kleiner broodpanne.
Bak by 180 °C tot gaar; ongeveer 50 – 60 minute.
Resep: Sonia Loram
Foto: Lizette Lourens