PYNAPPEL VOORGEREG OP DIE KOLE
Liezl het vandag vir ons die heerlike pynappel voorgereg gemaak.
- 1 heel pynappel
- warm kole
- botter
- bruinsuiker
Neem ‘n heel pynappel en plaas ‘n klomp warm kole rondom dit.
Braai vir ‘n halfuur lank en draai dit elke vier tot vyf minute om.
Sny dan die skil mooi af en sny dit in ronde wiele omtrent 20 mm dik.
Plaas ‘n bietjie botter in ‘n warm pan.
Plaas die pan oppie kole en plaas die pynappel wielie in die botter, strooi ‘n bietjie bruinsuiker op die pynappel wiele.
Braai dit dan in die pan vir ‘n paar minute aan elke kant.
Nota:
Dit is baaaie lekker.
Ons het ‘n bietjie balsamiese reduksie oor gesprinkel op sommige skywe en dit was nóg lekkerder.
Foto en resep: Gideon Louw