Your Recipe Blog

PYNAPPEL, UI, KAAS EN BILTONG BROODJIES

PYNAPPEL, UI, KAAS EN BILTONG BROODJIES

As die brood oud is, en die blaarslaai en tamatie etc is op, en daar is drie honger seuns en ‘n man by die huis, is die ‘n heerlike middagete of selfs aandete (as jy skyfies of slaai bymaak… die manne EET!). Bestanddele uit die kas-vinnig en maklik… NZ (pynappel, ui en kaas) ontmoet SA (biltong)!

  • 1 blik fyn pynappel, goed gedreineer en alle vog uitgedruk wat jy kan
  • ¼ ui, gerasper en vloeistof uitgedruk
  • 3 – 4 eetlepels mayonnaise
  • 1 eetlepel suurroom
  • sout en peper na smaak
  • 1 handvol (na gedagte) biltong, fyn gesnipper
  • 200 ml gerasperde kaas
  • 8 – 10 snye brood

Meng die pynappel, ui, mayonnaise, suurroom, sout en peper saam.
Rooster die brood en verdeel die pynappelmengsel tussen die snye.
Smeer dit oor elke sny.  Strooi biltong bo-oor met die gerasperde kaas heel bo-op.  Rooster in die oond of toe in ‘n Weber/gasbraai oor lae hitte, totdat die kaas gesmelt is.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page