Your Recipe Blog

PYNAPPEL TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

PYNAPPEL TERT

Ek het die naweek hierdie tert gemaak en dit is heerlik, lekker klam en saam met bietjie styfgeklopte room is dit ‘n heerlike tert of nagereg.

  • 45 ml margarien
  • 250 ml strooisuiker of Xylitol
  • 2 ekstra groot eiers
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2.5 ml sout
  • 60 ml melk
  • 1 blik (432 g) fyn pynappel
  • 1 peer of appel geskil en in half maantjies gesny, kook so rukkie in die mikrogolf in bietjie water net om dit sag te maak, hou eenkant
  • Stroop:
  • 250 ml suiker of Xylitol
  • 250 ml room
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit die oond tot 180°C. Berei tertpan of losboom koekpan voor, selfs ‘n vierkantige glasbak sal reg wees. Dit is nie groot besag nie, so as jy dit nie dun wil hê nie, gebruik so 20 cm pan.

Room die margarien en strooisuiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een een by en klits goed na elke toevoeging.
Sif die meel, sout en bakpoeier saam en vou in die mengsel in alternatiewelik met die melk.
Gooi die pynappel in ‘n sif en druk al die sap uit, meng die pynappel by die mengsel in.
Skep die beslag in die voorbereide pan.
Pak die peer/appel bo-op die deeg in ‘n mooi patroon.
Bak vir ongeveer 1 uur tot toetspen skoon uitkom. (Myne het langer gebak.)

Terwyl die tert in die oond is, kook die stroop se bestanddele saam tot suiker opgelos is.
Steek die warm tert met ‘n tandestokkie vol gaatjies, wanneer dit uit die oond kom.
Giet warm stroop oor die warm tert.
Help maar so teen die kante dat die stroop lekker kan intrek.
Bedien afgekoel saam met lekker styf geklopte room.
Yummies verby.

Foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page