PYNAPPEL SPONSKOEK
- 15 ml botter
- 180 ml melk
- 3 ekstra groot eiers
- 250 ml suiker
- 375 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- Vulsel:
- 1 blik (400 g) fyn pynappel
- 15 ml goue stroop
- 5 ml suurlemoensap
- 20 ml vlapoeier
- 30 ml melk
- 250 ml room verkoel
-
geroosterde klapper vir garnering
Voorverhit die oond tot 180°C. Voer 2 x 20 cm koekpanne uit met bakpapier, en bespuit met kleefwerende kossproei.
Verhit die botter en melk saam tot kookpunt en laat afkoel. Klits die eiers tot lig, voeg suiker lepels gewys by. Klits tot lig en dik.
Sif droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in. Voeg afgekoelde melkmengsel bietjies-bietjies by en vou in.
Verdeel tussen die 2 panne en bak 20 min lank tot gaar. (Toets met ‘n toetspen)
Keer uit op draadrakkie en laat heeltemal afkoel.
Vir die vulsel:
Verhit pynappel, goue stroop en suurlemoensap tot kookpunt.
Meng vlapoeier met melk en voeg by. Laat kook terwyl geroer word tot gaar.
Laat heeltemal afkoel.
Klits die room styf en vou in die koue pynappelmengsel in.
Sny elke koeklaag in twee lae en smeer die vulsel tussen-in asook bo-op.
Sprinkel die klapper oor.
Resep en foto: Amanda Austen