Your Recipe Blog

PYNAPPEL-KOOLSLAAI

PYNAPPEL-KOOLSLAAI

  • 1 medium soet pynappel, grof gerasper
  • ¼ koolkop, fyn gekerf (rasper as kool baie grof is, myne was mooi fyn met min stronke)
  • 1 medium ui, gerasper
  • 2 wortels, geskil en grof gerasper
  • ¼ geel en groen soetrissie, fyngekerf
  • 1 koppie grof gerasperde Cheddar kaas
  • 2 takkies vars pietersielie, fyngekap
  • Ina Paarman’s Garlic and Pepper
  • sout na smaak

Meng alles saam in ‘n medium slaaibak, ek het geen slaaisous gebruik nie.
Die pynappel, wortels ens. maak bietjie sap en gee lekker smaak aan die gereg.
My slaai was redelik gou na dit gemaak is, bedien.

Nota:
Die slaai moenie lank staan nie, dit maak baie sap. Bedien na voorbereiding

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page