Your Recipe Blog

PYNAPPEL KOMKOMMERSLAAI

Recipe by
| Servings: 4 porsies

PYNAPPEL KOMKOMMERSLAAI

Ek moes ‘n slaai vir ‘n funksie maak en het die heerlike slaai ontdek. Was heel verbaas oor die smaak en sal dit beslis weer maak. Ek het net die bestanddele aangepas na die hoeveelheid porsies wat benodig was.

  • Slaai:
  • 1 pynappel, in stukkies gesny
  • 1 komkommer, ontpit en in halfmaantjies gesny
  • 1 rooi ui, in dun skyfies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • ¼ koppie koljanderblare, fyn gesny
  • Slaaisous:
  • 2 eetlepels lemmetjiesap
  • ¼ koppie olyfolie
  • 2 eetlepels heuning
  • ½ teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel witasyn
  • sout en peper na smaak

Plaas die lemmetjiesap, olyfolie, heuning, rissievlokkies, witasyn, sout en peper in ‘n maatbeker.
Klits met ‘n ballon klitser totdat al die bestanddele saam gemeng is.
Plaas die pynappel, komkommer, rooi uie, soetrissie en koljanderblare in ‘n slaaibak.
Giet die slaaisous oor die slaaimengsel en roer sodat elke stukkie bedek is met die slaaisous.
Plaas in yskas vir ten minste ‘n uur of kan ook oornag in yskas gelaat word.

Nota:
1 avokado in blokkies gesny en 1 jalapeno fyn gesny kan ook bygevoeg word.

Resep en foto: Alta de Wet

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page