Your Recipe Blog

PYNAPPEL, KAAS EN UIE BRAAIBROODJIES

PYNAPPEL, KAAS EN UIE BRAAIBROODJIES

Die skoolvakansie het nou hier begin, so dis weer tyd vir idees vir die seuns se middagetes! Het gedink ek sal hierdie ene deel – iets wat nogals gewild is in NZ, naamlik ‘n “pineapple, cheese and onion toastie” (jy kan dit hier by die petrolstasie koop).
Klink weird, maar as jy hou van ‘n braaibroodjie moet jy dit regtig probeer – in die pan, of eerste prys… op die braai.

  • 1 klein halwe ui, gerasper
  • 1½ koppie gerasperde kaas (Mozzarella is veral lekker)
  • 1 blikkie “crushed pineapple” waarvan al die vloeistof goed uitgedruk en dreineer is
  • 3 – 4 eetlepels romerige mayonnaise
  • sout en peper na smaak
  • ‘n paar druppels Worcestershire sous
  • 16 snye brood

Meng al die bestanddele saam, en verdeel tussen 8 snye brood.
Maak toebroodjies, smeer botter aan buitekant en braai in die pan of op die braai totdat die brood bruin en die vulsel gesmelt is.
Maak 8 toebroodjies.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page