Your Recipe Blog

PYNAPPEL HOENDER

PYNAPPEL HOENDER

  • 1 eetlepel olie
  • 6 hoender dye of enige hoenderstukke na smaak
  • sout en peper
  • 1 teelepel knoffel
  • ¾ koppie pynappelsap
  • ¼ koppie suiker
  • 2 eetlepels Worcestersous
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 1 blikkie pynappelstukke (440 g)
  • 2 eetlepels Maizena
Verhit die olie in ‘n groot pan.
Geur die hoender met sout en peper na smaak.
Bak die hoenderstukke tot goudbruin in ‘n groot genoeg pan.
Maak ‘n sous van die pynappelsap uit die blikkie (hou die stukke eenkant), tamatiesous, Worcestersous, suiker en knoffel.
Plaas in ‘n kastrol en kook saam.
Maak die Maizena aan met die water en roer tot ‘n gladde pasta. Voeg by die sous in die potjie.
Kook oor lae hitte tot verdik, terwyl kort, kort geroer word.
Giet sous oor die hoender en laat prut vir 5 minute.
Strooi pynappel stukke oor en laat prut vir 4 minute terwyl geroer word.
Bedien dit met rys.

Resep en foto:  Dalene Venner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page