Your Recipe Blog

PYNAPPEL- EN WAATLEMOENSKILKONFYT

PYNAPPEL- EN WAATLEMOENSKILKONFYT

  • 1 kg pynappel
  • 1 kg waatlemoenskil, net die wit, sien nota
  • 2 lemoene of lemoensap
  • heel gemmerstukke na smaak
  • 2 kg suiker
  • ± 2 eetlepels suurlemoensap

Maal of snipper die vrugte tot baie fyn, voeg gemmer na smaak by.
Plaas die vrugtemengsel en suiker in ‘n groot genoeg kastrol op die stoof en roer op lae hitte tot die suiker gesmelt is.
Verhoog die hitte en kook op medium hitte tot die vrugte deurskynend is en die dikte korrek is.
Voeg die suurlemoensap by en meng deur.
Skep die konfyt in gesteriliseerde flesse, verseël en bêre op ‘n koel plek tot benodig.

Nota:
Jy kan die waatlemoenskil die vorige dag kook tot gaar en deurskynend, dan kook die konfyt vinniger.
Jy mag dalk meer lemoensap benodig indien dit vars is, ek vries die vrugte, dan is daar meer sap.
Ek vries die waatlemoenskille en pynappels totdat ek genoeg het en maal dit grof. Ek voeg heel gemmerstukke in en plaas ook 1 in elke bottel.

Resep en foto: Ronelle Schade Boshoff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page