PYNAPPEL EN RUM ONDERSTEBO KOEK
Twee goed wat mens dalk in gedagte kan hou –
1. As die resep Amerikaans is gaan jy die botter hoeveelhede moet Google want, in die res van die wêreld is ‘Stick’ nie ‘n mate nie. 1 Stick is 113.4 g en ‘n half stick is 56.7 g.
2. Soos julle hier in die foto kan sien, maak seker dat jy ‘n bord het wat groot genoeg is om die koek op uit te draai. – Ek moes my lieflike koek op ‘n bakplaat uitdraai.
- 9 pynappel ringe, vars of geblik
- 2 eetlepels botter (1 ½ stick of 170.1 g)
- ¾ koppie bruinsuiker
- 1 ½ koppie bruismeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 koppie witsuiker
- 3 eiers
- 3 ½ teelepels donker Rum
- 1 teelepel vanilla extract
- ½ koppie pynappelsap
Plaas die oondrak in die middel en sit die oond teen 180ºC aan of 170ºC as jy ‘n waaier oond het.
Verhit die helfte van die botter en die bruinsuiker tot dit karameliseer. Medium hitte 4 minute min of meer.
Verwyder van die hitte – lê die pynappels in die karamel neer tot die bodem bedek is – al moet hulle oorvleuel.
Room die botter en die suiker.
Klits die eiers een een in die botter en meng deeglik.
Voeg dan die vanilla en rum in en meng.
Sif die droë bestanddele in ‘n aparte bak.
Voeg die helfte van die gesifte droë bestanddele by die botter-suiker en eier mengsel
Voeg die pynappel sap by en klits goed
Voeg die laaste van die droë bestanddele in en meng.
Skep die deeg bo-oor die pynappels
Bak vir 35 – 40 min of tot gaar.
Nota:
Die outjie kon nog so bietjie langer in gebly het net sodat die onderkant ‘n bietjie meer gekarameliseer het.
Myne was in vir 30 min.
Resep geplaas deur Tani Ras-Devereux
Foto: Tani Ras-Devereux