Your Recipe Blog

PYNAPPEL- EN APPELSLAAI

PYNAPPEL- EN APPELSLAAI

  • Slaai:
  • 1 groot pynappel, in blokkies gesny (verwyder die harde stuk in middel)
  • 2 Starking rooi appels met skil aan, in blokkies gesny
  • 3 seldery stingels, onthaar en fyn gesny
  • 2 piesangs, gesny
  • 1 koppie groen gekapte pekanneute
  • Sous:
  • 3 hoogvol eetlepels B-well mayonnaise
  • 3 eetlepels kondensmelk
  • 100 ml room

Plaas die bestanddele vir die slaai in ‘n groot genoeg slaaibak.
Meng al die bestanddele vir die sous eenkant saam en giet die sous oor die slaai.
Meng die slaai en sous deur, versier met seldery blare of soos verkies.

Nota:
Ek het geen sout of peper bygevoeg nie.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page