PYNAPPEL BLATJANG
-
2 pynappels, in blokkies gesny
-
2 groot uie, fyn gekap
-
375 ml suiker
-
125 ml bruinasyn
-
30 ml kerriepoeier
-
3 ml mosterdpoeier
-
20 ml Maizena
Kook al die bestanddele saam (buiten die Maizena) vir 30 min tot pynappel en uie sag is.
Roer af en toe.
Maak die Maizena aan met klein bietjie water en voeg by die pynappel mengsel.
Kook nog so 1 minuut.
Skep uit in voorbereide bottels met skoon deksels.
Na afgekoel stoor dit in die yskas.
Resep en foto: Amanda Austen