PUMPERNICKEL IN DIE BROODMASJIEN
“Ek het vandag Pumpernickel gemaak in die broodmasjien, vir die eerste keer. En dit was baie, baie lekker. Baie dankie vir almal se advies.”
- 2½ teelepels broodmasjiengis
- 350 ml rogmeel
- 575 ml broodmeel
- 2 eetlepels kakao
- 2 eetlepels molasses
- 2 eetlepels kookolie
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels melkpoeier
- 260 ml louwarm water
- 1 eetlepel karweisaad (caraway)
Plaas al die bestanddele, in die volgorde van die resep, in die broodmasjien.
Stel op die “wheat bread” siklus. Lewer ‘n medium 750 g brood met ‘n donker kors.
Resep en fotos: Ilze Jacobs