Your Recipe Blog

PRUTPOT REPIESVARK MET PATATS

Recipe by
Cook: 8 ure | Servings: 4 porsies

PRUTPOT REPIESVARK MET PATATS

(Slow cooker barbecue pork)

Ek dink dat patats (sommer die gewone bruin ene) heeltemal te min gebruik word… so, ek het stelselmatig aartappels met patats begin vervang (skil en al); want patats bevat meer vesel, en smaak net eenvoudig lekkerder! Hierdie is ‘n prutpot varkskouer resep, met opgekookte heel patats, bedien met ‘n babaspinasie slaai. Min moeite…baie belonend!

  • 1½ kg varkskouer
  • ⅔ bottel enige braaisous (barbeque sauce) van jou keuse
  • 250 ml water
  • 1 pakkie uiesoppoeier
  • 2 klein/medium bruin patats, gekook in die skil

Plaas die vark, braaisous, water en soppoeier in die prutpot.
Kook vir agt ure op auto, totdat vleis heeltemal sag is en van die bene afval.
Kook patats tot sag en plaas op elke bord ‘n porsie.
Trek vleis uitmekaar en skep die vleis op die patat, skep van die sous bo-oor en dalk ‘n skeppie suurroom/jogurt bo-op.
Bedien met ‘n slaai of gebraaide kool.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page