PRUTPOT ERTJIE- EN SPEKSOP
- 200 g stukkies spek
- 4 groot aartappels, in blokkies gesny
- 2 uie, opgesny
- 500 g gedroogde ertjies
- ½ teelepel sout
- peper na smaak
- water
- 1 pakkie sampioenroomsop
Plaas al die bestanddele in die prutpot.
Voeg nou water by totdat alles bedek is (meet die hoeveelheid).
Vul die water aan met dieselfde hoeveelheid. (Indien jy 1 liter gebruik het, vul aan met nog ‘n liter)
Skakel die pot aan op “auto” en kook deur die nag.
Voeg die soppoeier (aangemaak met bietjie water) by en kook vir 30 minute.
Proe en voeg nog sout en peper na smaak by.
Notas van lede:
Groente soos wortels, seldery en gevriesde ertjies kan ook bygevoeg word na smaak.
Spek kan ook met gerookte varkskenkel vervang word.
Resep en foto: Retha Winterbach