PRUTPOT BEESSTERT MET BOTTERBONE
- 1 blik botterbone in tamatiesous
- 1 kg beesstert, vet verwyder
- 2 groot uie, gekap
- 3 spriet uie, gekap
- 2 eetlepels fyn knoffel
- 6 baba wortels, in ringetjies gesny
- 1 bossie vars tiemie
- 2 eetlepels rooi peper
- 4 teelepels warm paprika
- 2 eetlepels tamatiesous
- 2 eetlepels blatjang
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 eetlepels sojasous
- 1 pakkie bees ekstrak in koppie lou water opgelos (Knorr beef stock pot)
- 2 eetlepels beesvleis geur tamatie pasta
Plaas beesstert in groot bak.
Meng uie, spriet uie, knoffel, tiemie, rooi peper, paprika, sojasous, tamatiesous, blatjang, Worcestershire sous, ekstrak en tamatie pasta en giet oor die vleis.
Marineer ten minste 4 ure of oornag in die yskas, roer af en toe.
Verwyder die beesstert uit die marinade. Verhit ‘n bietjie olie en braai beesstert tot bruin aan alle kante. Verwyder die bruin beesstert en plaas in prut pot. Voeg een koppie water asook die marinade by. Stel op lou en kook vir 7 – 8 ure totdat die vleis sag is. Wanneer vleis sag begin raak, plaas die wortel ringetjies en blik botter bone bo-op vleis.
Kook tot gaar en bedien saam met stampmielies.
Resep en foto: Hettie Stoltz