Your Recipe Blog

PRUTPOT ANYSBESKUIT

Cook: 2.5 ure

PRUTPOT ANYSBESKUIT

  • 125 g botter
  • 325 ml water
  • 100 ml kondensmelk
  • 2 ekstragroot eiers
  • 6 koppies koekmeel
  • 7½ ml sout
  • 15 ml anys
  • 1 pakkie kitsgis
  • 125 ml witsuiker

Smelt die botter in die water en roer die kondensmelk daarby (ek het dit in die mikrogolf verhit).
Klits die eiers en voeg dit by die watermengsel terwyl jy steeds klits.
Meng al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en maak dit aan met die watermengsel.
Meng die bestanddele goed deur en knie. Jy kan dit in jou menger plaas en met die knie haak deurknie vir ten minste 5 minute.
Bedek die deeg met kleefplastiek en laat dit staan om te rys vir ± 1 uur.
Smeer of spuit die prutpot se bak en die dekstel met botter of kleefwerende middel.
Sny bakpapier (nie waspapier nie) die grootte van die bodem van die pot en plaas dit onderin die gesmeerde bak.
Giet 125 ml lou water onderin die bak**.
Maak balletjies van die deeg en plaas dit styf teenmekaar in die prutpot, bedek die hele bodem.
Plaas die deksel op die pot en bedek die pot met ‘n handdoek bo-oor die deksel om die hitte eweredig in die prutpot te hou tydens die bakproses.
Stel die prutpot op hoog / “high” en bak die beskuit vir 2 ure.
Verwyder die deksel en bak die beskuit onbedek vir ‘n verdere 30 minute.
Keer die beskuit versigtig uit en plaas op ‘n draadrakkie om af te koel.
Sodra die beskuit heeltemal afgekoel is, sny die beskuit in vingers en droog dit uit in ‘n lou warm oond tot heeltemal uitgedroog.

Notas:
** Die 125 ml water bak heeltemal weg tydens die bakproses.
Deur die beskuit in vingers te sny, kry ek meer beskuite uit as wat ek dit in stukkies sal breek, maar dit is jou keuse.
Die prutpot (slow cooker) wat ek gebruik, het ‘n keramiekpot (nog my ouma se Tedelex cooking crock) en die inhoudsmaat is 3 ½ liter.

Resep en fotos: Alet Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page