PRUIMKONFYT
- 2 kg vars pruime, ontpit en in kwarte gesny
- 2 koppies water
- 2 kg suiker
- knypie droë gemmer
- knypie fyn kaneel
- 2 teelepels suurlemoensap
Plaas die pruime en ‘n paar pitte in ‘n kastrol en voeg die water by.
Kook oor lae hitte tot die skille sag is, ± 20 minute.
Skep die pitte uit. Roer die suiker by.
Kook ± 15 minute totdat die suiker opgelos is. Roer gereeld.
Roer gemmer, kaneel en suurlemoensap by en kook vir 60 minute.
Doen die pieringtoets.
(Hou piering in die vrieskas terwyl die konfyt kook, skep ‘n klein bietjie van die konfyt op die piering uit. Dis reg wanneer dit riffles maak as jy met jou vinger daarop druk.)
Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse en verseël.
Resep en foto: Louisa Hollenbach