PRUIM- EN SOETRISSIESOUS
“Die resep kom van E Gunter. Ek het dit effe aangepas. Die resep lewer sowat ± 9 groot tamatiesous bottels vol.”
- 3 kg dieprooi pruime, gesny en pitte verwyder
- 20 ml knoffel, gekap
- 20 ml vars gemmer, gekap
- 4 hoogvol teelepels droë rissies
- knypie sout
- 6 koppies witasyn
- 1 teelepel gelykvol fyn naeltjies
- 1 teelepel gelykvol fyn wonderpeper
- 1½ kg suiker
Kook die pruime, knoffel, gemmer, sout, rissies en asyn saam.
Verhit die mengsel tot kookpunt bereik word, kook tot die pruime pap is – vir sowat ± 45 minute.
Roer die naeltjes, wonderpeper en suiker by die pruimmengsel en bring dit weer tot kookpunt.
Verlaag die hitte, maar maak seker die mengsel borrel nog liggies.
Wees versigtig vir aanbrand en kook die mengsel vir ongeveer 30 minute.
Gebruik nou ‘n blitsstok om die sous te verpulp totdat dit ‘n gladde tekstuur bereik.
Skep in warm, gesteriliseerde flesse, seël en stoor dit in die spens.
Wanner jy ‘n fles oopmaak, stoor die res na gebruik in die yskas.
Resep: E Gunter
Foto: Alta Gunter Van Dyk