Your Recipe Blog

PRIKKELENDE HOENDERPOTJIE

Recipe by
2 - 3 uur

PRIKKELENDE HOENDERPOTJIE

As jy van Mexikaanse kos hou, sal jy nie kan ophou eet van Johan Voges van Vredendal se hoenderpotjie nie. Ek het hierdie resep seker al 21 jaar gelede (1998) gekry. Dit het sy besondere geur te danke aan die kruie, die pikante speserye en die Chenin Blanc. Dis só ‘n vullende potjie dat geen bykos nodig is nie, behalwe as jy lus het vir ‘n mengelslaai.

  • 30 ml kookolie
  • 2 kg hoender, in porsies gesny
  • 5 middelslag-uie, gekap
  • 1-2 groen brandrissies, ontpit en in stukkies gesny
  • 250 ml water
  • 5 geelwortels, geskil en in repies of ringetjies gesny
  • 6 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 125 ml rou rys
  • 200 g gevriesde groenertjies
  • 15 heel knopiesampioene
  • 2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
  • 10 ml gedroogde pietersielie
  • 5 ml knoffelvlokkies
  • 5 ml suurlemoenpeper
  • 5 ml gedroogde oreganum
  • 2½ ml grof gemaalde swartpeper
  • 1¼ ml peri-peripoeier
  • 125 ml droë wit wyn, verkieslik chenin blanc
  • 30 ml suiker
  • 20 ml sout
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 1 blokkie hoenderekstrak, gekrummel

Verhit olie in die pot.
Braai die hoenderporsies ‘n paar stukke op ‘n keer tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
Braai nou die uie en rissie tot sag.
Plaas die hoender terug in die pot en voeg die water by.
Sit die deksel op en laat prut vir 15 minute.
Pak die groente en rys in lae op die vleis in die volgorde waarin dit aangegee word.
Strooi die speserye en kruie bo-oor. Laat dit weer vir 15 minute prut.
Giet die wyn oor die kos.
Sit die deksel op en laat prut vir 30 minute.
Maak seker dat die rys gaar is, en indien nie, laat verder prut tot gaar.
Roer deur net voor opdiening.

Nota:
‘n Nommer drie pot word aanbeveel.

Resep en foto: Wadi

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page