Your Recipe Blog

PRESERING VAN SUURLEMOENSAP

PRESERING VAN SUURLEMOENSAP

Gebruik MOOI suurlemoene (NB)
Versap.
Laat oornag staan as jy helder sap soek.
Giet die volgende oggend die sap versigtig af en los die afsaksel.
(Ek doen nie, want ek hou van die veseltjies daarin).
Maak sap kokend warm. Sit in warm, steriele bottels.
Vee deksels mooi skoon en maak bottels toe. Draai proppe toe en draai dan een draai terug, dat die dekels nie heeltemal seël nie.
Plaas die bottel in ‘n pot met warm water (sit iets op bodem soos rakkie of vadoek dat die bottels nie aan die pot raak nie)
Vul water aan tot so 5 cm oor deksels. Laat kookpunt bereik en kook vir 10 minute.
​(Hierdie word die waterbadmetode genoem)
Haal die bottels uit en draai styf toe. Laat afkoel.
Suurlemoene se PH is baie laag so hy pla nie om op hierdie manier in te lê nie.
Produk moet net kwaliteit wees en proses so skoon as moontlik.

Nota:
Omdat die pH laag is en die warmbad metode is gevolg, hou dit vir jare. Stoor in ‘n koel, donker plek. Skerp lig, direkte sonlig en hoë temperatuur as jy dit stoor, is dan die enigste vyand.

Dit het ‘n lang raklewe.

Resep: Christine Pienaar
Foto:  Hannie Steyn

Johanna Momberg
My ma het my geleer. As jy baie, soos in te veel, lemoene of suur lemoene het, moet jy dit uitdruk. Dan vat jy die sap en sit dit in ‘n kastrol. Laat dit warm word – dit mag nie kook nie – voeg suiker by na smaak. Die suiker moet smelt. Dan laat jy dit vinnig afkoel. Jy kan dit deur ‘n sif giet as jy wil. Dan vries jy dit. Wanneer jy dit dan later ontvries kan jy dit verdun met water of sodawater. Dis heerlik en glad nie bitter nie.

Frikkie Jones
1 liter suurlemoensap in n gesteriliseerde bottel met 1 disprin in. Bly tot 2 jaar vars in jou yskas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page