POTSTICKERS
- 2 koppies koekmeel of 1.5 koppies meel en ½ koppie Maizena
- ½ koppies kookwater
Meng meel met water. Knie ‘n minuut of twee tot die deeg bymekaar kom.
Draai toe in kleefplastiek en laat rus vir ‘n uur.
- Vulsel:
- gerookte kaaswors
- ½ ui, gekerf
- 1 teelepel fyn knoffel
- sout en peper (enige ander spesery wat verkies word)
- 4 eetlepel Soya sous
Sny wors fyn, kerf ui ook fyn.
Meng res van die vulsel by die wors en ui.
Sny die deeg in 8 dele, rol elke deel dun uit en gebruik koekie drukker om sirkels uit te sny.
Nota:
Ek het 9 sirkels uitgekry uit 3 agstes, die res het ek geseël en gevries vir later.
Skep vulsel in deeg sirkels en seël met bietjie water op die rante.
Verhit bietjie olie in ‘n pan (moet ‘n deksel hê) tot ‘n medium hitte.
Sit Potstickers in en laat verbruin vir ‘n minuut of 5 (pasop vir brand)
Dan baie versigtig met die deksel wat keer, gooi vinnig en versigtig ‘n ½ koppie water in pan en plaas deksel op.
Laat stoom vir nog omtrent 5 min op ‘n medium hitte.
Bedien met gepekelde gemmer of sweet soya sous.
Let asb op dat die mengsel dalk nie genoeg sal wees vir AL die deeg nie, behoort so 15 – 18 potstickers te vul,
pas asb vulsel aan soos benodig.
Variasie:
Weer potstickers gemaak en gevries.
Die keer het ek ‘n ½ koppie koekmeel met mielieblom (Maizena) vervang. ‘n Baie sagter deeg gekry.
- Vulsel:
- 1 pak kool/wortel mengsel vir slaaie
- 2 eetlepels gepekelde gemmer
- 1 teelepel knoffel
- 3 gras uie
- 1 pak sampioene
- 1 eetlepels rissies, gekerf
- 1 koppie oorskiet braaivleis, fyn gekerf
- 2 – 3 eetlepels soyasous
Braai in ‘n pan alles saam tot sag.
Laat effens afkoel en kerf alles fyn in voedsel verwerker (pasop vir te fyn).
Foto’s en resep: Suenell Liebenberg