POTBROOD IN DIE OOND
- 2 koppies gerasperde kaas van keuse
- 1 koppie biltong krummels
- 1 blik pit mielies, water afgegooi
- 7 koppies koekmeel
- 1 pakkie kits gis
- 10 ml sout
- ±3 koppies water
Dit is nie nodig om al die droë bestanddele te sif nie, meng saam in ‘n mengbak.
Meng mielies, biltong en kaas in.
Maak ‘n holte in die middel van die mengsel, gooi water in en meng goed met die hand.
Smeer ‘n “Cast iron” pot goed.
Smeer hande met botter of olie.
Knyp balletjies af van die deeg af en in sit in die gesmeerde pot.
Laat staan om te rys tot 2 keer die grootte. Sit die deksel op.
Bak in oond teen 180°C vir 1 uur
Maak oop en bak bo tot goud bruin.
Resep en foto:Estelle Heatherfield