Your Recipe Blog

POST TOASTIES TERT

POST TOASTIES TERT

Ons het met die tert groot geword, my tannie Amanda het vir my haar resep gegee, want my resep lê by die huis. Ek het hom so effens aangepas soos moeder hom gemaak het.

  • Vir die kors:
  • 5 – 6 koppies Post Toasties
  • ¼ koppie suiker
  • 3 eetlepels botter
  • 1 eetlepel kaneelpoeier

Plaas die Post Toasties in ‘n pot met die res van die bestanddele en laat dit so bietjie warm word op die stoof sodat die suiker en botter so bietjie smelt.
Druk bietjie fyner met ‘n “smasher”.
Berei ‘n tertbord voor en druk die krummelmengsel vas in die tert bord om ‘n kors te vorm, ook teen die kante.

Nota:
Grootte van die tertbord is so 30 x 30 cm.
Sit eenkant neer en begin met die vulsel.

  • Vulsel:
  • 4 eiers
  • 10 eetlepels suiker (150 ml)
  • 5 eetlepels vlapoeier (75 ml)
  • 5 koppies melk
  • bietjie vanilla
  • knippie sout
  • Bolaag:
  • styfgeklitste eierwitte
  • 4 teelepeles suiker

Skei die eiers en klits die eiergele saam met die suiker (jy kan dit so bietjie soeter maak as jy wil).
Gebruik 100 ml melk en los die vlapoeier daarin op.
Hou eenkant.
Plaas die res van die melk in ‘n pot en bring oor ‘n stadige hitte tot kookpunt.
Voeg nou die eier- en vlamengsel hierby in en roer tot dit begin kook.
Voeg vanilla en knippie sout by en kook stadig tot die mengsel gaar is, so 5 minute.
Laat effe afkoel en skep in die tert kors.
Laat nog so bietjie afkoel en klits die eierwitte styf en voeg die suiker geleidelik by terwyl jy klits.
Skep die eierwitte bo-op die effe afgekoelde vlamengsel.
Bak in oond van so 220°C tot die eierwitte gaar is en so bruinerig begin raak.
Laat afkoel en geniet. 🌺🤗

Nota: Rina Kleinhans
Laat die tert in die oond afkoel nadat dit afgeskskale is, maak die deur effens oop, dan bly die meringue pragtig.

Foto: Tanya Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page