Your Recipe Blog

PORTUGESE-ROLLETJIES MET “STEAK AND KIDNEY” VULSEL

PORTUGESE-ROLLETJIES MET “STEAK AND KIDNEY” VULSEL

  • 5 T-bene, waarvan ek die vleis afgesny het ± 1 kg vleis
  • 7 skaapniertjies
  • 1 groot ui
  • 2 murgpampoenjies (baby marrows)
  • 2 medium wortels
  • 2 tamaties
  • 4 medium aartappels
  • 2 eetlepels tamatie paste
  • 1 eetlepel tiemie
  • 1 hoender “stock-pot”
  • beesstertsop vir verdikking
  • Portugese rolletjies

Sny steak en niertjies in blokkies, ek het die uie, murgpampoentjies, wortels en tamatie gerasper.
Plaas alles in pot, met jou keuse van kruie en speserye (ek het tiemie en stock-pot bygevoeg).
Kook tot vleis amper sag is.
Wanneer jou vleis amper sag is, kan jy blokkies aartappel byvoeg en bietjie tamatiepasta.
Indien die sous nie dik genoeg is nie, verdik met soppoeier wat met bietjie water aangemaak is.
Voeg by die vleis mengsels en kook tot verdik.
Hol die Portugese broodrolletjies uit en skep jou vulsel binne in die rolletjie, bedien met slaai van jou keuse.

Foto: Riana Oosthuizen Oberholzer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page